Tuesday 10 May 2016

Visgeregte en Gebakte Aartappels


MAKLIKE VISGEBAK
700g stokvis
Kruie vir vis
basilliekruid pesto
125ml witwyn
sout & peper
2 sprietuie
Spray & Cook

Voorverhit oond tot 180grade
Spuit 'n oondvaste bak goed met Spray & Cook
Pak die vis onderin die bak
Sprinkel die viskruie mildelik oor die vis
Kap die sprietuie in kleiner stukkies en strooi oor die vis
Smeer genoeg pesto oor die vis
Voeg die witwyn bo-oor die vis
Sprinkel sout en peper oor
Bak vir 30-40 minute

LEK-JOU-VINGERS-AF VISGEREG
700g stokvis
300g roomkaas
1k volroommelk
2 snye witbrood
1 koppie brokkoli (of ertjies - gevries, nie geblik)
1-2 koppies klein tamaties
1 koppie sampioene
2 sprietuie
sout & peper
viskruie
foelie

Voorverhit oond tot 180grade
Sny die sampioene in groterige stukkies (nie te fyn)
Sny die sprietuie in stukkies
Sny die brokkoli in kleiner stukkies
Sny die brood in blokkies - asook die korsies
Pak die vis onder in 'n oondvaste bak
Voeg die roomkaas en melk in 'n aparte mengbakkie en meng dit goed saam
Voeg die viskruie by die melkmengsel
Voeg die room-en-melkmengsel bo-oor die vis
Pak die brokkoli, sprietuie en sampioene bo-op die vis
Sprinkel bietjie sout en peper oor die gereg
Pak tamaties bo-oor
Pak heel laaste die broodblokkies op
Bedek met foelie
Bak 40 minute in oond
Wenk: Vervang die roomkaas met Feta kaas

KRAKERIGE AARTAPPELS
3-4 aartappels
sonneblomolie om aartappels diep te braai
halwe koppie mielieblom
Aromat
papierhanddoek

Kook die aartappels met skil tot gaar
Skil die gaar aartappels af
Sny die aartappels in skywe
Sprinkel 'n lagie mielieblom en Aromat oor die aartappels
Verhit die olie en voeg die aartappels in die olie
Maak gaar tot krakerig en bros
Plaas die aartappels op die papierhanddoek sodat die olie kan afdrup

GENIET DIT!!!

No comments:

Post a Comment