Sunday 21 August 2016

Maalvleis - en - Mozzarella - Jaffels


Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 45-60 minute

• 20 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 500 g maer beesmaalvleis
• 1 x 410 g-blik tamatiepuree
• 5 ml droë origanum
• 3 ml droë basilie
• gesnyde witbrood
• sagte botter
• 250 ml gerasperde mozzarella

1 Verhit die olie en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die knoffel by en soteer dit vir nog ’n minuut.

2 Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot dit verbruin. Voeg die tamatiepuree en kruie by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat dit vir 20-30 minute prut tot die sous dik is. Geur dit na smaak.

3 Maak die jaffel deur twee snye brood met botter te smeer. Skep ’n lepel vol van die maalvleismengsel op die kant van die brood wat nie gesmeer is nie en strooi van die mozzarella bo-oor. Sit die ander sny brood bo-op met die gebotterde kant na buite.

4 Sit die toebroodjie in ’n jaffelpan en rooster dit vir 2-3 minute aan elke kant tot dit goudbruin is. Haal die jaffel uit die pan en herhaal die proses met die orige bestanddele.

No comments:

Post a Comment