Friday 5 August 2016

Mediterreense Vis


’n Kleurryke, smaaklike maaltyd.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

’n klein hand vol kruisement, gekap
’n klein hand vol koljander, gekap
3 knoffelhuisies
30 ml (2 e) olyfolie
500 g stokvisporsies
1 eiervrug, in skywe gesny
4 murgpampoentjies, in skywe gesny
2 rooi soetrissies, in blokkies gesny
2 geel soetrissies, in blokkies gesny
85 g fetakaas, gekrummel
250 g kersietamaties

Voorverhit die oond tot 180 ºC.

1. Meng die kruisement, koljander en knoffel met ’n vysel en stamper en voeg 15 ml (1 e) olie by. Smeer die kruiemengsel oor die vis.
2. Rangskik die eiervrug, murgpampoentjies en soetrissies op ’n bakplaat. Bedruip met die oorblywende olie. Sit in die oond en rooster 20 min.
3. Haal uit die oond en bedek met die vis, feta en kersietamaties. Sit vir nog 10 min. in die oond of tot die kaas net begin verbruin.

No comments:

Post a Comment