Friday 5 August 2016

Mini-Melktertjies


Bedien 12

Bestanddele

    ½ blad skilferkorsdeeg, ontdooi en in ringe gesny
    250 ml (1 koppie) melk
    ½ kaneelstokkie
    1 lemoen se skil, in ’n ring geskil
    30 ml (2 eetlepels) suiker
    22.5 ml (1½ eetlepels) meel
    7.5 ml (1½ teelepel) koringmeel
    1 knippie fyn sout
    15 ml (1 eetlepel) botter
    1 eier
    1 eiergeel
    20 ml (4 teelepels) suiker
    5 ml (1 teelepel) gemaalde kaneel

Doen dit so

    Voorverhit die oond tot 220°C.
    Besproei die ringe van ’n kolwyntjiepan met kossproei.
    Voer die ringe uit met die deeg en plaas in die yskas om ferm te raak.
    Bring die melk tot kookpunt met die lemoenskil en kaneel in.
    Meng die suiker, meel, koringmeel en sout bymekaar.
    Roer geleidelik die warm melk by die meelmengsel met ’n houtlepel.
    Plaas die mengsel terug in die en die pan terug op die hitte en bring terug na kookpunt. Hou aan roer.
    Kook vir ’n paar minute om die meel te kook, verwyder van die hitte en haal die kaneel uit.
    Roer die botter in en laat effens afkoel.
    Klits die eier goed en roer deur die vlae.
    Skep die vlae in die deegbakkies en bak vir 15 minute. Draai na 5 minute die hitte af to 200°C.
    Laat toe om af te koel en strooi met kaneelsuiker.
    Om die kaneelsuiker te maak, meng kaneel en suiker bymekaar.
    Rangskik op ’n bord en bedien louwarm of koud.

No comments:

Post a Comment