Thursday 1 September 2016

Grondboontjiebotter-Kaaskoek

Dis mos nou weer hoogmode. Gebruik suikervrye grondboontjiebotter om seker te maak jy kry net die goeie vette in en niks van die suiker nie.

10 porsies

• 200 g fyn amandels
• 45 ml kanola-olie
• 1 eierwit
• 450 g ricotta-kaas
• 450 g gladde laevet-maaskaas
• 40 g koekmeel
• 4 eiers
• 20 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)
• 250 ml suikervrye grondboontjiebotter
• 100 g sprinkel-grondboontjies

Verhit oond tot 180 ºC. Meng amandels, olie en eierwit saam tot gladde mengsel. Voer losboompan van 30 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep amandelmengsel onder in pan en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en verlaag temperatuur tot 140 ºC. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot gladde mengsel. Voeg grondboontjiebotter by en verwerk weer tot glad. Skep mengsel in kors en smeer glad. Sprinkel gekapte grondboontjies oor. Plaas losboompan in ’n oondpan en vul die oondpan met kookwater tot op die hoogte van die vulsel in die losboompan. Plaas in warm oond en bak sowat 3 uur of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en laat afkoel tot louwarm. Plaas in yskas en laat afkoel tot gestol. Verwyder ring en sit voor.

No comments:

Post a Comment