Thursday 1 September 2016

Sjokolade en Bloubessie Poeding

Bloubessies is propvol antioksidante en goeie vitamiene – dis nie verniet as ’n supervrug bekend nie.

genoeg vir 6

• 15 ml gelatien
• 30 ml water
• 100 g donkersjokolade (minimum 70% kakao), gekap
• 25 ml kanola-olie
• 2 eiers, geskei
• 50 g (60 ml) xylitol-versoeter
• 100 g bloubessies, vars of bevrore

Meng gelatien met water. Laat staan 5 minute. Smelt sjokolade saam met olie in ’n glasbak bo-oor ’n kastrol met kokende water. Moenie dat die glasbak aan die kokende water raak nie. Meng goed en verwyder van hitte. Laat bietjie afkoel. Klits die eiergele en roer by sjokolade in. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en klits versoeter lepel vir lepel by. Klits tot blink en styf. Klop eers ’n derde van die meringue-mengsel in by die sjokolademengsel en vou dan die res van die meringue-mengsel in. Smelt geweekte gelatien vir 30 sekondes in mikrogolf. Vou bessies en gelatien by sjokolademengsel in. Skep mengsel in patroonpan met volume van 2 liter. Laat stol 3 – 4 uur of oornag in yskas. Doop pan vinnig in kookwater en keer uit op opdienbord. Sit voor met ekstra bessies

No comments:

Post a Comment