Thursday 1 September 2016

Klapper-en-Sjokoladekoekies

Die klappermeel gee die koekie ʼn heel ander tekstuur as wat die gewone sjokoladesplinter-koekie het.

25 koekies

• 112 g (250 ml) klappermeel
• 3 ml sout
• 30 ml hawersemels
• 2,5 ml bakpoeier
• 2 eiers
• 80 ml vetvrye melk
• 80 ml kanola- of klapperolie
• 41 g (60 ml) suikerplaasvervanger soos Sugalite
• 5 ml vanieljegeursel
• 60 ml sjokoladesplinters

Verhit oond tot 180 °C. Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Meng klappermeel, sout, hawersemels en bakpoeier en hou eenkant. Klits eiers, melk, olie, suiker en geursel saam. Meng die 2 mengsels en roer sjokoladesplinters by. Maak balletjies van die mengsel en pak op bakplaat. Druk effens plat met die agterkant van ’n vurk. Bak 10 minute tot ligbruin. Verlaag oond se temperatuur tot 100 °C en droog die koekies uit vir ongeveer 15 – 20 minute.

No comments:

Post a Comment