Thursday 29 September 2016

Hoender-en-Aspersieslaai


Bestanddele:
300 g Gemengde slaaiblare en kruie van jou keuse
2 Groot handevol aspersies, in stukkies gesny
1 Klein geroosterde hoender OF gaar hoenderborsies, in repies gesny
Groot handvol geroosterde, gesoute makadamianeute, grof gekap
1 Wiel fetakaas, gekrummel

Slaaisous
15 ml Dijon-mosterd
Sap van 1 groot suurlemoen
5 ml Heuning
Sout en swartpeper na smaak
80 ml Olyfolie
10 ml Geroosterde sesamsaad
15 ml Natuurlike jogurt

Metode:
Meng die blare en kruie en gooi dit in ’n slaaibak of op ’n groot dienbord. Kook die aspersies vir twee minute in vinnig kokende soutwater, dreineer en dompel in yswater. Druk droog. Verwyder die hoender se vel en bene en skeur die vleis grof.
Sprinkel die aspersiestukkies, hoender, neute en fetakaas oor die blare en meng liggies deur. Meng alles vir die slaaisous saam en drup oor die slaai net voor opdiening.

Lewer vier porsies.

No comments:

Post a Comment