Friday 29 January 2016

Appel-en-rooiboskoek

Appel-en-rooiboskoek

Omskep oorskietappels in ’n heerlike koek.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min.

KOEK
420 g meel
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kaneel
1 ml (¼ t) sout
3 eiers
420 g strooisuiker
375 ml (1½ k) olie
80 ml (⅓ k) sterk rooibostee
3 groen appels, gekap
150 g pekanneute, gekap
10 ml (2 t) vanieljegeursel

STROOP
80 ml (⅓ k) suiker
45 ml (3 e) water
1 rooibosteesakkie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Koek Sif die meel, koeksoda, kaneel en sout saam. Klits die eiers in ’n aparte bak.
Voeg die suiker, olie en rooibostee by die eiers en hou 3 min. aan met klits. Roer die droë bestanddele geleidelik by. Vou die appels, pekanneute en vanieljegeursel in. Giet die beslag in ’n gesmeerde veerpan en bak 50 min. in die oond. Laat afkoel.
Stroop Plaas die suiker, water en teesakkie in ’n klein pot en bring tot kookpunt. Sit 5 min. eenkant om af te koel. Giet oor die koek en sit voor.

No comments:

Post a Comment