Friday 29 January 2016

Lemoenpondkoek

Lemoenpondkoek

Hierdie sitruspondkoek is klam en smaaklik.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40 min.

Bestandele
750 ml (3 k) meel
7 ml (1½ t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
180 g botter
500 ml (2 k) strooisuiker
3 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) lemoensap
1 lemoenskil
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) versiersuiker

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 19 cm-koekpanne.

Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n groot bak. Klits die botter en strooisuiker in ’n ander bak tot lig en donsig. Voeg die eiers, vanieljegeursel, die helfte van die lemoensap, lemoenskil en melk by en klits tot gemeng.
Vou die meelmengsel stadig by die nat bestanddele in tot goed gemeng.
Giet die beslag in die koekpanne en bak 40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sit eenkant en laat afkoel.
Klits die oorblywende lemoensap en versiersuiker saam tot glad. Giet dit tussen en oor die afgekoelde koeke. Versier met lemoenskywe.

No comments:

Post a Comment