Friday 15 January 2016

Hotcross Bun - Franse Rooster brood met bros spek en heuning

Hotcross Bun – Franse roosterbrood met bros spek en heuning

(4 – 6 porsies)

Bestanddele

2 eiers

30 ml melk

sout en varsgemaalde swartpeper

6 hot cross buns, gehalveer

30 ml olyfolie

250 g spek, brosgebraai in ’n warm pan

60 ml gouestroop

  Metode

Meng eiers en melk. Geur met sout en swartpeper. Doop elke hot cross bun-helfte in die eiermengsel. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Braai tot goudbruin aan albei kante, sowat 2 – 3 minute. Sit warm gebraaide brood met spek en gouestroop voor.

Wenk: 
Om te verseker dat jou brood en spek op dieselfde tyd gaar is, kan jy jou spek  in die oond bak teen 200 ˚C tot goudbruin en bros.

No comments:

Post a Comment