Sunday, 17 January 2016

Suurlemoen Pasta

Suurlemoen Pasta

1 Pak Gaar Spaghetti

2 Pakkies Diced Bacon Bits

2 Pakkies Woolworths Garlic/Chilli/Ginger bakkies

1 Gesnyde Green Pepper & Red Pepper

20ml Olie

Vars Gesnipperde Parsley

Suurlemoen Sap

Aromat

Metode

Gooi olie in pan om bacon in te braai.

Net voor bacon heeltemal gaar is voeg al die garlic en chilli (mense wat nie gereg te warm wil he nie moet maar self kies hoeveel chilli hulle wil byvoeg na gelang van smaak) by en laat dit n rukkie saam braai.

(Die gemmer is ongelukkig een van daai afdelings wat jy maar gaan moet laat staan vir n ander gereg.  Woolworths se bakkies het presies die regte porsies in wat benodig is.  Let asb daarop dat dit een bakkie is met 4 afdelings)

Al die geure trek in die olie in wat dan help met die geuring van die pasta

Voeg dan gesnyde peppers by en roer goed deur terwyl dit braai

Voor jy dit afhaal kan jy die gesnipperde parsley byvoeg en goed meng

Gooi alles bo oor spaghetti en roer goed deur

n Bietjie suurlemoensap en aromat kan oor by gevoeg word

Sit in bakkies voor vir gaste saam met aparte suurlemoensap en aromat sodat hulle kan byvoeg volgens smaak

TIP: Dit is juis die smaak van suurlemoensap, aromat en chilli kombinasie wat dit uniek maak

No comments:

Post a Comment