Thursday 4 February 2016

Brandewyntert

Brandewyntert

Maak: 2 terte
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 190 °C

• 225 g ontpitte dadels, fyngekap
• 10 ml koeksoda
• 115 g (105 ml) botter
• 210 g (250 ml) suiker
• 2 groot eiers
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 30 ml gekapte okkerneute

Sous
• 210 g (250 ml) suiker
• 30 ml botter
• 5 ml vanieljegeursel
• 60 ml brandewyn

1 Sit die dadels in ’n glasbak en sprinkel die koeksoda bo-oor. Gooi 250 ml kookwater oor die dadels, roer dit deur en laat dit eenkant staan.

2 Klits die botter tot dit romerig is. Voeg die suiker by en klits dit tot dit lig is. Voeg die eiers by en klits dit goed. Vou die meel, ’n knypie sout, die bak-poeier en gekapte okkerneute by. Roer laastens die dadel-mengsel by.

3 Verdeel die beslag tussen twee gesmeerde tertbakke en bak dit vir 25 minute in die verhitte oond.

4 Sous Verhit die suiker, botter en 250 ml water in ’n kastrol terwyl die terte in die oond is. Laat dit vir vyf  minute prut en haal dit van die plaat af. Voeg die vanieljegeursel en brandewyn by en giet dit oor die terte terwyl dit nog vuurwarm is.

No comments:

Post a Comment