Thursday 4 February 2016

Gemmer-en-nektarienkaaskoek

Gemmer-en-nektarienkaaskoek

Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 45 minute plus stoltyd
Gaarmaaktyd: 10 minute

• 1 pakkie gemmerkoekies, fyngedruk
• 100 ml (100 g) gesmelte botter
• 185 ml vars lemoensap
• 5 ml agar-agar-poeier (vegetariese plaasvervanger vir gelatien)
• 1 x 460 g-bakkie roomkaas
• 1 blik kondensmelk
• 20 ml suurlemoensap
• 250 ml room
• 6 vars nektariens of pruime
• 125 ml (110 g) suiker
• 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in skyfies gesny

1 Meng die koekies en botter saam en druk dit op die bodem van ’n losboom-pasteipan van 22 cm vas.

2 Gooi die lemoensap in ’n kastrol en voeg die agar-agar by. Laat dit eenkant week vir vyf minute en verhit dit dan oor lae hitte. Roer totdat die agar-agar opgelos is. Haal dit van die plaat af en laat dit eenkant afkoel.

3 Klop die roomkaas tot glad en klop dan die kondensmelk bietjies-bietjies by. Roer dit by die lemoensapmengsel en voeg die suurlemoensap by. Klop die room by en vou dit by die roomkaasmengsel in. Skep dit oor die koekiekors. Laat dit vir minstens vier uur in die yskas stol.

4 Sny intussen kepies in die vrugte en bedek dit met kookwater. Laat dit vir ’n minuut staan, dreineer en bedek dit met koue water. Skil die vrugte en sny dit middeldeur. Haal die pitte uit. Sny dit in skywe. Verhit die suiker en gemmerskyfies in 125 ml water. Laat dit vir 10 minute prut, gooi die vrugteskywe by en laat dit vir nog vyf minute prut. Haal dit van die plaat af. Laat dit eenkant afkoel en sit dit dan in die yskas tot voor opdiening.

5 Haal die kaaskoek uit die pan. Drup die vrugtesous bo-oor. Sny die koek in skywe en sit dit voor saam met die vars vrugte.

No comments:

Post a Comment