Thursday 4 February 2016

Soetgoed vir diabete - Feestelike koek

Soetgoed vir diabete – Feestelike koek

Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 40-50 minute
Oondtemperatuur: 160 °C

• 3 ekstragroot eiers, geskei
• 2 ekstragroot eierwitte
• 235 ml (160 g) suikerplaasvervanger (ons het Huletts Sugalite gebruik)
• 15 ml suurlemoensap
• 200 ml (120 g) koekmeel

Versiersel
• 2 ekstragroot eierwitte
• 1 ml kremetart
• 375 ml (300 g) suikerplaasvervanger
• 50 ml water
• 5 ml vanieljegeursel

1 Klop die eierwitte styf en klop dan 100 g van die suikerplaasvervanger en die suurlemoensap bietjies-bietjies daarby in.

2 Moenie die klitser afspoel nie en klop die eiergele tot liggeel en dik. Voeg die res van die Sugalite bietjies-bietjies by en klop tot dit opgelos het.

3 Gebruik ’n groot metaallepel en vou die eiergele by die eierwitte in.

4 Sif die meel en sout drie keer saam, en sif dit dan in lae oor die eier. Vou elke laag liggies met die lepel in. Herhaal tot al die meel bygevoeg is.

5 Voer die bodem van ’n ronde koekpan van 20 cm met waspapier uit. Gooi die beslag in die gevoerde pan en tik liggies daarteen om van lugborrels ont- slae te raak. Bak in ’n verhitte oond vir 40 tot 50 minute of tot die kors ’n ligte goudbruin kleur het. Haal uit die oond uit en laat heeltemal afkoel.

6 Versiersel Meng al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in die boonste deel van ’n dubbelkastrol en verhit dit oor kokende water. Klits aanhoudend met ’n eierklitser vir ongeveer sewe minute tot dit stywe punte vorm. Haal van die plaat af, voeg die vanieljegeursel by en klop tot dit styf genoeg is om sy vorm te behou. Smeer die versiersel dadelik oor die afgekoelde koek.

No comments:

Post a Comment