Tuesday 2 February 2016

Heerlike Braaibroodjies

Heerlike braaibroodjies
 
JY BENODIG:
Brood van jou keuse (ek verkies ciabatta)
Botter of margarine gemeng met "crushed" garlic
Tamatie in skywe gesny
Peppadews fyn gekerf
Mrs. Balls chutney
Cheddar Kaas
Sprietuie (spring onions) of rooi uie
Sout en swart peper na smaak
 
METODE:
Sny die brood in skywe
Smeer die garlic botter op elke sny brood
Smeer die chutney op
Plaas die tamatieskywe op
Geur met swart peper en sout (of aromat) na smaak
Kap die sprietuie (of rooi uie) op en strooi oor die tamatie
Strooi peppadews oor
Strooi laaste die gerasperde kaas oor
Braai op vuur of oond tot goud bruin
 
WENK: Jy kan ook die buitekant van die broodjie met botter of klein bietjie olyfolie smeer om dit mooi goud bruin te kry. Gebruik 'n braai grid om die broodjies op die vuur te braai.
 

No comments:

Post a Comment