Tuesday 2 February 2016

Sopaartappels

Sopaartappels (Heerlik saam met braaivleis)

4-6 medium aartappels (ongeskil net gewas)
250g margarine
1 pak bruin uie sop
 

METODE:

Smelt die margarine en gooi soppoeier by.
Sit die rou aartappels wat net halfpad deur gesny is in ‘n glasbak(oondvas).
Gooi die botter mengsel oor.
Bak in die oond vir 1 uur by 180’C
Bedruip aartappels so af en toe met botter .
 
Gooi gerasperde kaas bo-oor sodra uit oond gehaal.

No comments:

Post a Comment