Thursday 4 February 2016

Nektarienblokkies in Earl Grey-stroop

Nektarienblokkies in Earl Grey-stroop

Maak: 4 klein flesse
Bereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: 40 minute

• 1 kg ferm maar ryp nektariens
• 250 ml suiker
• 90 ml vars suurlemoensap
• 60 ml Earl Grey-teeblare
• 500 ml kookwater

1 Was die nektariens, verwyder die pitte en sny die vleis in stukke van 1,5 cm. Plaas dit in ’n kastrol, gooi die suiker en suurlemoensap bo- oor en sit dit eenkant.

2 Plaas die teeblare in ’n beker of bak en voeg die kookwater by. Laat dit vir 20 minute trek, gooi dit deur ’n sif en gooi die teeblare weg. Gooi die tee in ’n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Laat dit vir 10 minute prut tot dit met die helfte verminder het.

3 Gooi die tee oor die nektariens, sit die kastrol terug op die stoof en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit liggies prut vir 30 minute. Haal die kastrol van die plaat af. Skep die warm nektariens in warm gesteriliseerde flesse, verseël dit en plak etikette op.

4 Die nektarienblokkies is sag en heerlik op skons, pannekoek of wafels met room, of skep dit oor roomys, of roer dit deur natuurlike jogurt. Hou dit in die yskas nadat jy dit oopgemaak het.

No comments:

Post a Comment