Wednesday, 3 February 2016

Grondboontjiebotter Yskaskoek

GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK

1 Pakkie tennisbeskuitjies fyngerol en 100gr gesmelte botter vir jou kors. Druk in terpan vas
250gr roomkaas
1 Kop grondboontjie botter
½ Kop suiker
1 teel vanilla geursel
250 ml room
Ekstra room (styfgeklop) sjokolade snysels en sjokolade sous vir versiering
Met ‘n klitser, meng die roomkaas en suiker tot glad. Meng in die grondboontjiebotter en vanilla geursel in. Vou in die styfgeklopte room. Skep in die tertkors . Plaas in yskas vir tenminste 4 ure. Net voor opdiening, versier met ekstra styfgeklopte room, sjokolade stroop en sjokolade snysels. Bewaar in die yskas

Maalvleis of Hoendergeregte met Simba Skyfies

MAALVLEIS OF HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES

1 Hoender (Ek het stukke hoender gebruik).

3 uie grof gekap
500g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 kop gerasperde cheddarkaas
2 kop melk
1 x410g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies (fyngemaak)

METODE:
Kook hoender gaar met uie
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180 grade – spuit oondpan, gooi bestanddele in die oondpan,
Meng die orige koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.

IN DIE PLEK VAN HOENDER KAN JY OOK MAALVLEIS GEBRUIK.

Lamsboud

LAMSBOUD

Genoeg vir 6

BESTANDELE
1.8kg-lamsboud
60 ml olyfolie
4 groot uie
2 red peppers
500 ml rooiwyn
4 tiemietakkies
5 knoffelhuisies.  
            
METODE
Voorverhit die oond tot 160°C.
Vee die oortollige vloeistof van die boud af en geur oraloor met sout en peper.
Verhit die olyfolie in ’n swaarboompan en seël die boud oor redelike hoë hitte vir ongeveer 8 minute.
Draai gereeld tot dit eweredig verbruin is. Haal uit en hou warm.
Sit die gekapte knoffel, uie en red pepper in die pan.
Braai vir 10 minute tot sag. Voeg ’n paar tiemietakkies by, geur en kook vir nog 2 minute.
Skep die uiemengsel in ’n kasserol, sit die skaapboud bo-op, voeg die rooiwyn by.
Bedek met styfpassende deksel/foelie en bak vir 3 ure.

Oumagrootjie se Ingelegde Appelkose

OUMAGROOTJIE SE INGELEGDE APPELKOSE

Halveer en ontpit die appelkose en weeg dit af.

KOOP 'N DIK STROOP VAN:
200g wit suiker per
250ml water.

METODE
Giet een derde van die stroop in 'n aparte kastrol en hou eenkant aan die kook.
Kook die appelkose 'n paar minute lank in die oorblywend stroop.
Skep dit met 'n gleuflepel uit en pak dit oormekaar met die holtes na onder in inmaakflesse.
Laat genoeg ruimte dat die boonste appelkose met stroop bedek kan word.
Suig die kokende stroop wat eenkant gehou is deur en vul de flesse tot oorlopens toe daarmee.
Verwyder alle lugborrels.
Verseel die flesse dadelik en laat hulle onderstebo op 'n droe doek afoel.

Druiwe - Piekels

DRUIWE-PIEKELS

Sit voor met koue hoender en kouevleis.
2,5kg swart of sultanadruiwe;
500ml suiker;
500ml wit asyn;
1 kaneelstokkie;
1 stuk vars gemmerwortel, gekneus;
6 naeltjies.

METODE:
Spoel druiwe af en verwyder stingels. Meng res van bestanddele en verhit tot kookpunt. Pak intussen druiwekorrels in gesteriliseerde inmaakflesse wees versigtig om dit nie te kneus of te breek nie.
Giet asynmengsel oor. Verseël dit onmiddellik en laat een week staan.
NOTA:  ek sit nie die kaneel en naeltjie by nie ek hou nie daarvan nie

Geelperskes Bottel Suikerstroop vir Perskes

GEELPERSKES BOTTEL
SUIKERSTROOP VIR PERSKES

2.5 vars water
300 g suiker
20 mooi geelperskes
gooi die water en die suiker in ‘n groot kastrol, laat kook tot die suiker opgelos is .
Plaas nou die perskes in die stroop en kook vir 10 minute.
Haal uit die stroop. trek die skilletjies af .
Pak die perskes mooi dig ‘n jou gesteriliseerde bottels.
Gooi die warm stroop oor – dit moet die perskes bedek.
Vat nou ‘n lang sosatiestokkie en draai die perskes sodat al die lugblasies ontsnap.
Draai die deksels op – en bere vir winterpoeding of vir wanneer jy oorsese gaste kry

Inmaak Perskes en Jersey Room

INMAAK PERSKES EN JERSEY ROOM

Kakamas óf geelperskes
Gelyke hoeveelhede suiker en water
Ster-anys, stokkanneel of rissie
Gebruik goeie Kakamas óf geelperskes. 
Ontpit en skil hulle. Kook dan die perskehalwes tot net sag 
(Moenie pap kook nie!) Pas hulle nou mooi in ’n gesteriliseerde fles in en gooi suikerstroop oor.
Gebruik vir die stroop gelyke hoeveelhede suiker en water (hoe dikker die stroop, hoe beter hou jou perskes). 
Maak dadelik toe met heel dekseltjies. 
Sit vir die lekker ster-anys, stokkanneel of rissie (of sommer al drie saam) in die stroop. 
Dié gebottelde vrugte kan ná ses maande geëet word.

Ingemaakte Grenadellas

INGEMAAKTE GRENADELLAS

Halveer 20 gerenadellas op ‘n keer en skep die vleis uit.
Roer 30ml wit suiker by.
Meet die hoeveelheid versoete vleis af, giet dit in ‘n mikrogolf vaste bak.
Giet 15ml water in ‘n skoon inmaakflessie met dieselfde inhoudsmaat as die grenadellavleis.
Plaas die deksel in kookwater om te steriliseer.
Mikorgolf die grenadellavleis en die flessie met water saam ongeveer 6 min. lank by 100% krag totdat die vleis begin kook.
Giet water uit die flessie en vul dit met die grenadellamoes.
Verseel dit dig en laat dit onderstebo afkoel.

Hanepoot Jellie

HANEPOOT JELLIE 

250ml jellie
½ eetlepel gelatien
1 eetlepel water
1 koppie wyn
100g suiker
¼ suurlemoensap
½ koppie gehalveerde hanepootjies
1 x 250ml leë konfytflessie

METODE: 
Kook die wyn, suiker en suurlemoensap totdat dit borrel.
Draai dan die hitte af en prut vir 15 minute.
Intussen steriliseer die konfytflessie in ‘n pot met kookwater.
Meng die gelatien en water in ‘n klein houer en laat staan vir 5 minute.
Smelt dan dié mengsel oor kookwater tot dat dit ‘n vloeistof is. Wanneer die vloeistof vorm klits dit by die wyn en voeg die druiwe by.
Gooi dan die mengsel in die warm konfythouer, draai styf toe en kook vir ‘n verdere 5 minute in die kookwater.
Plaas in die yskas totdat dit set en bedien op brood saam met sterk kaas soos Gorgonzola of bloukaas. 

Ingelegde Kwepers

INGELEGDE KWEPERS

15 ml sout
30 ml asyn 
10 liter water
2,5 kg kwepers
250 ml suiker
STROOP
5 x 250 ml suiker
2,5 liter water

METODE:
Meng die sout, asyn en die helfte van die water. Hou eenkant.
Borsel die kwepers skoon, skil en ontpit en sny in ringe.
As dit gesonde kwepers is, hoef dit nie geskil en ontpit te word nie.
Laat lê die  gesnyde kwepers in sout- of asynwater om verkleuring te voorkom.
Los die  suiker in die res van die water op. Bring tot kookpunt. Voeg die kweperringe by en kook tot effens sag, maar nie pap nie.

VIR DIE STROOP:
Los die suiker in die water op. Laat kook die stroop 5 minute voor die
kwepers bygevoeg word.
Haal die kweperringe uit die water-stroop en voeg by die kokende  stroop. Laat kook 5 minute.
Bottel die kwekers in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog kokend is.

Naartjies in Alkohol

NAARTJIES IN ALKOHOL

Skil die naarjies en haal die huisies uit
Prik met 'n stopnaald, pak in gesteriliseerde bottels
(EK gebruik purity bottels)
Strooi strooisuiker oor
Vul met 'n wit drank (Vodka, Gin, Caine)
Seel
Skud bietjie en bere in donker kas omtrent twee weke
Lekker saam roomys

Pikante Gepekelde Suurlemoen e

PIKANTE GEPEKELDE SUURLEMOENE
Dit gee ook ‘n kenmerkende smaak aan Morokkaanse tagines.
(Maak 1 x 500 ml bottle)
1 kg suurlemoene/lemmetjies ongewax*
120 g growwe sout
300 g suiker
1 t komynsaad
1 ml vars gemaalde swartpeper
2.5 cm vars gemmer, fyngerasper
2 rooi rissies
ekstra suurlemoensap
METODE;
Was die suurlemoene of lemmetjies deeglik in louwarm water. 
Sny elke suurlemoen/lemmetjie in 5mm dik skywe.
Meng die growwe sout, suiker en speserye.
Sprinkel van die mengsel op die bodem van ‘n gesteriliseerde glasbottel, pak die
suurlemoenskywe en rooi rissies in met ‘n sprinkel van die speserymengsel tussen
elke laag. 
Pak styf vol en vul die houer met die ekstra suurlemoensap tot bo. 
Verseël deeglik en draai die houer onderstebo,berg in ‘n koel, donker plek. 
Draai gereeld om sodat sout ten volle kan oplos. Wag vir 1 maand voor gebruik vir die skille om sag te raak.
*Indien dit wel ‘n waslagie oor het, skrop deeglik met ‘n borseltjie onder warm water.
Bron: Van Tuin tot tafel

Aartappel Skywe

Aartappel Skywe  

Kook jou aartappels met skil aan- gaar maar nie pap.

Sny in skywe.

Braai spek, uie en sampioene met bietjie knoffel, sout en peper. Sit bo-op die aartappel

Sit gerasperde kaas op en sit onder die grill van jou oond tot kaas gesmelt is.