Monday 25 January 2016

Leonica se Koshuispaai (Weense Worsie Gebak)

LEONICA SE KOSHUISPAAI(WEENSE WORSIE GEBAK)

Bestanddele
500g Weense worsies
1 blik tamatie en uiesmoor
6 groot aartappels
1 koppie gerasperde cheddarkaas

METODE
Sny worsies in 2cm stukkies.
Braai dit saam met die blikkie tamaties.
Maak kapokaartappels met die 6 aartappels.
Smeer 'n glasbak met botter.
Plaas die wors en tamatie mengsel onder in.
Bedek met die kapokaartappels.
Strooi cheddarkaas oor.
Bak teen 180 grade vir 10 tot 15 minute.

No comments:

Post a Comment