Sunday 24 January 2016

Snoek

Snoek

1 Koppie room

1 Groot blik All Gold fyn appelkoos konfyt, gebruik so ¾ blik

1 Groot Bottel Mayonaise

Swart Peper

Vars Snoek

Sit die konfyt in die mikrogolf vir so 2 minute, gooi dan by room in groot mengbak,

Gooi knoffel in na smaak,

Gooi Mayonaise by,

Geen sout,

Swart peper na smaak

Meng alles goed
 
Vou 'n stewige bak met foil, blink kant moet na binne wys,

Gooi die helfte van die sous in die bak en sit die vis daarin, velkant na onder, gooi dan die res van die sous bo-oor.

Maak ook 'n deksel van die foil en sit oor, vou die kante om sodaat die vis binne kan stoom.

Die vuur moenie te warm wees nie, die sous moet net liggies prut, neem omtrent 'n uur of tot die vis se vesel maklik ooptrek met 'n furk.

Moenie weer verhit nadat dit koud geword het nie.

No comments:

Post a Comment