Sunday 24 January 2016

Visvinger-en rysgereg

Visvinger- en rysgereg

Bestanddele

250 ml gekapte uie

15 ml botter/margarien

2 ml kerriepoeier

50 g (125ml) gerasperde kaas

375 ml matige dik witsous

sowat 500 ml gaar rys

suurlemoensap

400-500 g (16-20) bevrore visvingers

paprika

1-2 ryp tamaties, geskil en in skywe gesny

Metode

 Voorverhit die oond tot 200 grade C.

Smeer ‘n groterige oondvaste pasteibak of bespuit dit met kleefwerende kossproei.

Braai die uie in die botter/margarien tot sag.

Voeg die kerriepoeier by en braai liggies.

Meng die uie mengsel, kaas en witsous saam.

Skep die rys in die pasteibak.

Sprinkel suurlemoensap oor die visvingers en rangskik dit op die rys .

Gooi die witsousmengsel oor .

Strooi paprika oor en rangskik tamatieskywe bo-op.

Bak die gereg sowat 30 minute lank tot goudbruin en gaar.

Sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

No comments:

Post a Comment