Saturday, 20 February 2016

Piesang Gesigmasker


Goed vir hidrasie en ’n soepel vel...♫

Jy sal die volgende nodig hê:
1 klein piesang
1 t lemoensap
1 t Griekse jogurt

Druk die piesang saam met die sap en die jogurt in ’n bak fyn totdat die mengsel glad is, of zirts dit in ’n menger vir ’n vinnige, gladde masker.
Wend dit aan jou vel aan en los dit vir tien minute aan.
Spoel met louwarm water af en druk jou gesig droog.

**Dié masker sal jou vel gehidreer en meer elasties laat voel.♫

No comments:

Post a Comment