Wednesday, 2 March 2016

Aartappel-souttert


BASIS:

Bestanddele:

440 g warm fynaartappels (500 ml)

2 g sout (2 ml)

45 g botter (50 ml)

8 g bakpoeier (10 ml)

2 eiers - geklop

Metode:

Meng die warm aartappels, sout en botter.  Laat koud word en roer die bakpoeier en eier by.  Roer tot glad.

Voer `n langwerpige tertbak met die mengsel uit en vul met die volgende vulsel:

VULSEL:

Bestanddele:

250 g ham of koue soutvleis - grof gekap

80 g gerasperde kaas (250 ml)

3 hardgekookte eiers - fyngekap

2 eiers

250 ml melk

2 g sout (2 ml)

500 mg peper (1 ml)

Metode:

Meng die vleis, kaas en hardgekookte eiers en skep dit in die aartappelkors.  Klop die eier, melk, sout en peper en giet bo-oor.  

Bak teen 180° C vir 30 minute tot goudbruin en gaar.

No comments:

Post a Comment