Die brood kan jy ook voorsit as peuselhappie op sy eie.
Genoeg vir 6 – 8.
SOP
• 60 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 15 ml fyn koljander
• 25 ml heel komyn
• 10 ml kaneel
• 500 g kort lamskenkels
• 2 x 400 g-blikke All Gold heel tamaties
• 1 liter beesvleisaftreksel
• 1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer en onder koue water afgespoel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hand vol vars pietersielie, fyngekap
BROOD
• 125 ml water
• 45 ml olyfolie
• 5 ml sout
• 280 g (500 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• 150 ml Mrs H.S. Ball’s Perskeblatjang
Sop
Verhit olyfolie in ’n middelslagpot. Voeg ui by en braai vir 2 minute. Voeg koljander, komyn en kaneel by en braai nog 1 minuut. Plaas skenkel in pot en braai tot goudbruin. Voeg tamaties en aftreksel by. Verlaag die hitte en laat 90 minute stadig prut met die deksel op. Sny die vleis van die skenkels af en behou die murg. Voeg bone by en kook 15 minute. Geur goed met sout en peper. Roer pietersielie by. As die sop te dik is, roer nog aftreksel by en bring weer tot kookpunt.
Brood
Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, olie en sout in mengbak. Roer met houtlepel terwyl jy meel geleidelik byvoeg tot deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie 5 – 8 minute op ’n meelbestrooide werkvlak tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus op warm plek vir 30 minute. Verdeel deeg in 8 ewe groot porsies. Rol met koekroller op meelbestrooide werkvlak tot papierdun. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en smeer blatjang oor brode met lepel se agterkant. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros.
No comments:
Post a Comment