Vergeet van vervelige roosterkoeke oor die kole – gee dit ekstra geur met All Gold se tamatiesous binne-in die deeg!
Die tamatiesous gee die deeg nie net mooi kleur nie, maar maak dit ook lekker soet. genoeg vir 12.
• 300 ml All Gold-tamatiesous
• 300 ml louwarm water
• 10 g sout
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 20 ml heuning of suiker
• 45 ml olyfolie
• 1 kg koekmeel
• plaasbotter
• 1 x All Gold Connoisseur’s-appelkooskonfyt
• beleë cheddarkaas, gerasper
Plaas tamatiesous, water, sout, gis, heuning of suiker en olyfolie in ’n mediumgroot mengbak en meng goed. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer totdat ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te klam is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Sit in ’n bak wat met olie gesmeer is en draai toe in kleefplastiek. Laat rus op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute. Kry intussen die kole reg.Dit moenie te warm wees nie – jy moet jou hand sowat 20 sekondes bo die kole kan hou. Deel deeg in growwe stukke van sowat 100 g of groter. Druk effens plat en laat weer vir 10 minute rys op ’n meelbestrooide bord. Braai stadig oor warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 8 minute per kant. Sit warm voor met botter, konfyt en kaas.
No comments:
Post a Comment