(12 – 14 porsies)
sorbet
210 g (250 ml) strooisuiker
250 ml water
500 ml laevetmelk
sap en skil van 1 lemmetjie
5 ml vanieljegeursel wafels
375 ml (210 g) bruinbroodmeel
5 ml sout
20 ml suiker
15 ml bakpoeier
2 eiers
250 ml laevetmelk
20 ml gesmelte botter
100 g pistasieneute, gekap
80 ml heuning
Meng strooisuiker en water in ‘n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut vir 3 minute. Meng melk, sap en skil van lemmetjie en vanielje by. Laat afkoel tot yskoud. Vries in ‘n roomysmasjien of sien wenk onder. Vir die wafels: Meng meel, sout, suiker en bakpoeier. Klits eiers, melk en botter saam. Meng droë bestanddele met die eiermengsel en laat rus in yskas vir 15 minute. Verhit ‘n wafelpan. Skep van die mengsel in die middel van die pan. Braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm terwyl jy die res braai. Skep balle sorbet met ‘n roomyslepel bo-op gaar wafels. Sprinkel neute oor en gooi heuning oor.
No comments:
Post a Comment