Monday 18 April 2016

Kasjoeneute-en-Patatpasta


Kasjoeneute kan in ’n heerlike sous omskep word. Hou oorskietsous vir later saam met biefstuk of hoenderslaai.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Week: 1 uur
Gaarmaak: 10 min.

250 ml (1 k) kasjoeneute
200 ml (¾ k) water
2,5 ml (½ t) sout
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) olie
2 patats, in blokkies gesny
60 ml (¼ k) groenteaftreksel
’n hand vol babaspinasie
’n hand vol basilieblare
sout en peper na smaak
olyfolie vir bedruip
200 g pasta, gaar

Plaas die kasjoeneute in ’n bak, bedek met water en week 1 uur. Dreineer. Plaas in ’n verwerker en voeg die water, sout en knoffel by. Verwerk tot glad.
Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Voeg die patats by en mengel 8 min. in die pan tot sag maar bros. Giet die aftreksel in en meng die spinasie in.
Voeg die basilie en die helfte van die kasjoeneutsous in die pan en meng. Geur mildelik met sout en peper en bedruip met olyfolie.
Sit voor oor pasta.

No comments:

Post a Comment