Friday 15 April 2016

Sjokolade & Rissiepeper-Fondant met Mascarpone & Quenelle


Bestanddele
gesmelte botter vir smeer
kakaopoeier vir afstof
275 g donker sjokolade
225 g ongesoute botter
400 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
5 eiers, goed geklits
200 g koekmeel
4 heel Peppadew® ligte pikante rissies, fyngekap
200 ml mascarpone-kaas
’n paar skeute ligte Peppadew® spat-on sous
vars vrugte om te bedien
mentblare om te bedien
Metode
1. Verhit die oond tot 180 °C, borsel die binnekant van die metaal fondant vorms met botter, plaas in die yskas en laat stol en herhaal, stof die binnekant van die vorms met kakao. Sit eenkant.
2. Smelt die botter en sjokolade saam. Verwyder van die hitte en roer die suiker en vanielje by.
3. Klits die eiers bietjies by die mengsel en vou die meel in, totdat die mengsel glad is. Meng die gekapte pikante rissies by.
4. Gooi die mengsel in die vorm en bak vir 12 minute.
5. Om te bedien: verwyder die fondant uit die vorm en bedien met ’n quenelle van pikante rissies peper spat-on sous, vars vrugte en kruisement,
Wenk: Tydsberekening is noodsaaklik vir hierdie resep; gebruik ’n tydmetertjie om seker te maak fondant is net 12 minute in die oond.
Het jy geweet? ’n Quenelle is ’n gevormde garnering. Vorm dit deur twee teelepels te gebruik om ’n geronde driehoekvorm met die mengsel van vars vrugte van jou keuse, ment en pikante peper splash-on sous te vorm.

No comments:

Post a Comment