Friday 8 April 2016

Watertandlekker Patats


Dié patatgereg lok altyd ’n gesprek uit as sy dit voorsit. Niemand kan glo dat dié nederige ou soetpatat so lekker kan wees nie, sê

1 kg patat, geskil en in blokkies gesny

5 ml sout

Gerasperde, vars neutmuskaat

500 ml vars room

250 ml gerasperde, beleë cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die patatblokkies in ’n pot water. Voeg 5 ml sout by en verhit tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en kook die patats tot gaar. Dreineer en skep die patats in ’n oondvaste bak. Rasper ’n bietjie vars neutmuskaat oor die patats. Klits die room styf en vou dan die gerasperde kaas daarby in. Skep oor die patats, rasper neutmuskaat oor en bak 35-40 minute tot die bokant van die gereg goudbruin is. Sit voor met braaivleis of jou gunsteling-braaistuk.

No comments:

Post a Comment