Thursday 30 June 2016

3 Lae Veerligte Sponskoek met Sjokolade Mousse


4 eiers,
500 ml Koekmeel
500 ml Suiker
20 ml Bakpoeier
1 ml Sout
250 ml Melk
250 ml Botter
5 ml Vanilla geursel.

Klits eiers en suiker saam tot romerig.   ( 30 minute per hand met hand klitser)
Sif koekmeel, bakpoeier , sout saam.
Vou eier mengsel in.
Kook melk en botter saam.
Voeg melk by eier, koekmeel mengsel en meng goed.
Roer vanilla geursel in. Gooi mensel in gesmeerde 3 groot hartkoek panne. Bak elk koek vir 20 minute in oond van 180 C.

SJOKOLADE MOUSSE VULSEL

175 g bitter sjokolade
14 g botter
3 eiers, geskei
1 eetlepel rum (indien verlang Kan dit ook vervang met 5 ml rum geursel)
1 eetlepel koffie ekstrak.

Maak baie sterk koffie aan en voeg dit by, as nie koffie ekstrak het nie.
Plaas die sjokolade en botter in bak en plaas die bak in warm water, nie kookwater nie.
Roer tot sjokolade heeltemal gesmelt is
Roer die geklitste eiergele, koffie en rum by. Klits die eierwitte so styf as moontlik en vou in die mengsel in.
Skep vulsel dik op 3 dun koek lae en plaas lae op mekaar ,smeer mousse om koek en plak Flake`s regom en pak sjokolade balletjies bo-op koek, versier rand bo-op koek
Plaas in yskas oornag sodat mousse kan set

No comments:

Post a Comment