Wednesday 29 June 2016

Appelkoek


135 ml botter
250 ml suiker
3 groot eiers
250 ml koekmeel
6 ml bakpoeier
65 ml melk
1 blik tertappels, gedreineer

Stroop
250 ml melk
250 ml suiker
105 ml botter

Klits die botter en suiker saam. Klits die eiers een vir een by.
Sif die droe bestandele en knippie sout saam en meng dit om die beurt met die melk by die bottermengsel in.

Smeer oondbak. Gooi die beslag in die bak en druk dan die stukke tertappel in die beslag. Bak dit vir omtrent 30 minute in die verhitte oond.

Stroop.
                                                                                Gooi al die bestandele vir die stroop in kastrolletjie en verhit dit vir 10 minute.

Haal koek uit die oond, giet stroop oor en laat dit vir nog 10 minute bak. Sit dit warm voor met geklitste room.

No comments:

Post a Comment