Wednesday 29 June 2016

Madeira Koek


Stel oond op 180 C
Voer die boom van broodpan met kleefvrye bakpapier.
750 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
Knippie sout
250 g botter
375 ml strooisuiker
10 ml Vanilla
4 groot eiers (kampertemtratuur)
250 ml melk (voedselkleursel kan met  toetspen of drupper hierby gevoeg word.)

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Maak die botter sag met houtlepel of elekriese klitser.
Voeg die strooisuiker geleidelik by en klits mengsel tot liggeel en donsig.
Voeg die vanilla by en voeg daarna die eiers ( individueel geklits) een vir een by saam met 15 ml meel vir elke eier om te voorkom dat die mengsel skif.
Gebruik metaallepel en vou die orige meel en melk liggies in die mengsel in. Meng so min as moontlik – die bestandele moet bloot egalig versprei wees in sagte beslag.
Giet die mengsel in die voorbereide broodpan, maak bo op gelyk en bak sowat 45 minute. Toets met toetspen  wanneer koek gereed is.
Laat die koek 10 minute in die broodpan afkoel. Maak die kante los met mes met glade lem en keer uit op draadrak. Verwyder kleefvrye bakpapier.
Moet nooit die koek onderste-bo laat afkoel nie keer dit om met die bokant bo en laat dit op draadrak afkoel..

No comments:

Post a Comment