Sunday 17 July 2016

Dadelpoeding


Is jy lus vir iets klewerigs en soet? Beproef hierdie resep.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min.

200 g dadels, ontpit en in dun skywe gesny
2,5 ml (½ t) koeksoda
200 ml kookwater
75 g botter
175 g donkerbruin- of muscovado-suiker
10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) fyn gemengde speserye
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 eiers
500 ml (2 k) bruismeel
200 ml botterkaramelstroop
vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.    Plaas die dadels in ’n bak saam met die koeksoda en water. Roer en sit eenkant. Meng die botter, suiker en speserye in ’n groot mengbak tot lig en donsig. Klits die vanielje en eiers, een op ’n slag, in terwyl jy goed meng tussen byvoegings.
2.    Voeg die meel by en klits goed. Gooi die dadels en hul vloeistof in en meng om ’n loperige beslag te vorm. Gooi in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bak 45 min. tot die bokant goudkleurig is en ferm wanneer daaraan geraak word.
3.    Wanneer die poeding uit die oond is, verhit die stroop tot loperig. Steek gate oral in die poeding met ’n toetspen. Giet die warm stroop oor en laat dit by die poeding insypel. Laat staan 15 min. en sny dan in vierkante. Sit voor saam met vla.

No comments:

Post a Comment