Thursday 14 July 2016

Griekse Slaai met 'n Kinkel

Die kinkel in dié gewilde slaai is dat jy die ­fetakaas diepbraai.

Jy benodig (genoeg vir 4 mense):

25 ml olyfolie

400 g fetakaas (nie sagte Deense feta nie), in skywe gesny

bros kopslaai, in stukkies geskeur

komkommer, geskil en in skywe gesny

100 g kersietamaties, gehalveer

1 klein rooi ui, in skywe gesny

100 g swart olywe

Vir die slaaisous:

60 ml rooiwynasyn

80 ml olyfolie

15 ml bruinsuiker

sout en peper na smaak

15 ml Dijon-mosterd

Só maak ’n mens:

1. Verhit ’n braaipan oor hoë hitte en laat drup olyfolie daarin.

2. Braai die fetakaas 1-2 minute aan elke kant of tot goudkleurig en bros. Haal uit pan en plaas op papierhanddoek om te dreineer.

3. Rangskik al die slaaibestanddele op ’n groot dienbord en sny elke fetaskyf in kwarte en rangskik op die bord.

4. Om die slaaisous te maak, meng al die slaaisousbestanddele goed saam. Druip die sous oor die slaai en sit voor.

Wenk: Gebraaide feta op sy eie saam met ’n doopsous is ’n onweerstaanbare happie.

No comments:

Post a Comment