Sunday 10 July 2016

Hoender en Spinasie Pasteivlegsel


Hoender en spinasie pasteivlegsel met oondgeroosterde groente.
250g sampioene, in skyfies gesny
1 groot ui, gesny
200g babaspinasieblare
Sout en peper
100g feta, gekrummel
200g hoenderborsfilette, gaar en in blokkies gesny
40ml botter
40ml koekmeel
250ml melk
Sout en peper
400g skilferkorsdeeg (puff pastry)
1 geklitste eier
Gekaramaliseerde tamaties
50ml balsamiek asyn
15ml bruinsuiker
250g klein tamaties
Sout
Hoenderpastei
Voorverhit die oond tot 200C
Verhit olyfolie en roerbraai sampioene tot gaar en sag.
Voeg die uie en roerbraai tot sag.
Roer die spinasie by en geur met sout en swartpeper.
Laat afkoel en voeg die feta en hoender by.
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Roer die koekmeel by tot gemeng. Roer die melk by en roer tot verdik. (maak ’n witsous) Sout en peper by sous. Laat afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vleisvulsel in die middel van die deeg.
Sny die deeg aan die kante in repe en vou soos ’n vlegsel oor die vleis. Smeer water op punte van vlegsel en druk liggies vas om te verseker dat dit nie loskom nie.
Verf die pastei met geklitste eier
Sit op gesmeerde bakplaat. (gebruik 2 eierspane om dit op te lig)
Bak in voorverhitte oond vir 30minute of tot goudbruin.
Gekaramaliseerde tamaties.
Verhit die balsemiekasyn en suiker en laat prut tot dikkerige stroop
Gooi tamaties en sout by en laat deur warm word.
Opdien: sit pastei op opdienbord. Gooi die balsamiese reduksie en tamaties oor die pastei.

No comments:

Post a Comment