Friday, 29 January 2016

Karringmelk Sjokoladekoek

Karringmelk Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.  Voer 2 ronde koekpanne uit met bakpapier en smeer goed.   Klits saam: 2 k suiker, 4 groot eiers en 2 t vanilla geursel.  Sif saam: 2 k bruismeel, 1 t koeksoda 1/4 t sout en 125 ml kakaopoeier.  Roer meel om beurt met 500 ml karringmelk by eiermengsel. Skep deeg mengsel in koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar.   Koel heeltemal af en sny elke koek horisontaal deur dat jy 4 lae het.   Smeer karamelkondensmelk en sjokolade versiersel om beur tussen lae.

Veelsydige Tuisnywerheidskoek

Veelsydige tuisnywerheidskoek

Dié koek rys lekker hoog en met dieselfde resep kan jy ook ’n sjokolade- of lemoenkoek bak.

Lewer 1 koek
Bereiding: 10-15 minute
Baktyd: 20 minute

Koek
375 ml (1½ k) suiker
knippie sout
8 middelslageiers
30 ml (2 e) margarien
180 ml (¾ k) melk
60 ml (¼ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier

Ganache
300 g witsjokolade (Cadbury se Dream werk goed)
200 ml room
granaatpitte vir oorsprinkel (opsioneel)

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C
Spuit ’n vierkantige koekpan van 23cm met kossproei of smeer dit goed met margarien. Stuif met koekmeel.
Koek Klits die suiker, sout en eiers sowat 8 minute baie goed saam tot lig en donsig.
Smelt die margarien, melk, olie en vanieljegeursel 1 minuut saam in die mikrogolfoond.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Vou die meelmengsel by die eiermengsel in. Giet die melkmengsel by en vou goed deur. Giet in die pan en bak 20 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effens in die panafkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel.
Ganache Smelt die sjokolade en room saam oor stadige hitte roer gereeld. Laat afkoel en klop gereeld tot dik.
Smeer oor die koek en rond af met granaatpitte indien verkies.
Vir ’n sjokoladekoek vervang 125 ml (½ k) van die koekmeel met kakao. Vermeerder die bakpoeier tot 15 ml (3 t).
Vir ’n lemoenkoek vervang die vanieljegeursel met lemoengeursel en versier met gewone botterversiersel.
Dié koek kan ook in twee laagkoekpanne gebak word.

Lemoen-amandelkoek

Lemoen-amandelkoek

Maak die beslag twee keer aan vir ’n dubbellaagkoek.

Bereiding 20 minute
Gaarmaaktyd 40 minute
Baktyd 40-60 minute
Lewer 1 koek (12 snye)

KOEK
2 groot lemoene
6 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
300 g fyn amandels
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) mielieblom
’n paar druppels amandelgeursel

STROOP (OPSIONEEL)
250 ml (1 k) vars lemoensap
60 ml (1⁄4 k) strooisuiker of heuning 1 vanieljepeul

BOTTERVERSIERSEL
500 g botter
1 kg gesifte versiersuiker
oranje, geel en pienk voedselkleurseljel vars tuinrose en heuning vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan.

Koek Plaas die lemoene met skil en al in kookwater en kook sowat 30 minute of tot sag. Dreineer, verwyder die pitte en kap fyn in ’n voedselverwerker.
Klits die eiers en strooisuiker saam tot lig en dik. Meng die amandels, bakpoeier en mie- lieblom en vou dit om die beurt met die fyn lemoene by die eiermengsel in. Voeg die geursel by en skep in die pan. Bak 40-60 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Stroop Kook intussen al die bestanddele 10 minute saam en giet dit oor die warm koek.
Botterversiersel Klop die botter tot glad en romerig en klits die versiersuiker by. Voeg ’n lepel of wat warm water by as dit te dik is.
Gebruik ’n groterige spuitsak met ’n rosetspuitpunt. Spuit ’n lyn van elke kleur kleurseljel in die spuitsak. Skep botterversiersel in die middel en druk liggies teen die jel aan die kante vas. (Die jel gee veelkleurige strepe aan die versiersel.) Spuit groterige sirkels oor die hele koek. Spuit klein blommetjies hier en daar.
Rond af met die vars rose. Drup die heuning oor die rose om doudruppels te vorm.

Lemoenpondkoek

Lemoenpondkoek

Hierdie sitruspondkoek is klam en smaaklik.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40 min.

Bestandele
750 ml (3 k) meel
7 ml (1½ t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
180 g botter
500 ml (2 k) strooisuiker
3 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) lemoensap
1 lemoenskil
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) versiersuiker

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 19 cm-koekpanne.

Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n groot bak. Klits die botter en strooisuiker in ’n ander bak tot lig en donsig. Voeg die eiers, vanieljegeursel, die helfte van die lemoensap, lemoenskil en melk by en klits tot gemeng.
Vou die meelmengsel stadig by die nat bestanddele in tot goed gemeng.
Giet die beslag in die koekpanne en bak 40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sit eenkant en laat afkoel.
Klits die oorblywende lemoensap en versiersuiker saam tot glad. Giet dit tussen en oor die afgekoelde koeke. Versier met lemoenskywe.

Appel-en-rooiboskoek

Appel-en-rooiboskoek

Omskep oorskietappels in ’n heerlike koek.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min.

KOEK
420 g meel
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kaneel
1 ml (¼ t) sout
3 eiers
420 g strooisuiker
375 ml (1½ k) olie
80 ml (⅓ k) sterk rooibostee
3 groen appels, gekap
150 g pekanneute, gekap
10 ml (2 t) vanieljegeursel

STROOP
80 ml (⅓ k) suiker
45 ml (3 e) water
1 rooibosteesakkie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Koek Sif die meel, koeksoda, kaneel en sout saam. Klits die eiers in ’n aparte bak.
Voeg die suiker, olie en rooibostee by die eiers en hou 3 min. aan met klits. Roer die droë bestanddele geleidelik by. Vou die appels, pekanneute en vanieljegeursel in. Giet die beslag in ’n gesmeerde veerpan en bak 50 min. in die oond. Laat afkoel.
Stroop Plaas die suiker, water en teesakkie in ’n klein pot en bring tot kookpunt. Sit 5 min. eenkant om af te koel. Giet oor die koek en sit voor.

Lemoenkoek

Lemoenkoek

Genoeg vir 8-10 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 45 minute

Bestandele
125 g ongesoute botter
15 ml (3 e) lemoenskil
250 ml (1 k) strooisuiker
3 eiers
500 ml (2 k) bruismeel
125 ml (½ k) maas

LEMOENSTROOP
sap van 3 lemoene
30 ml (2 e) heuning
4 kardamompeule, gekneus

Metode
1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer dit met bakpapier uit.
2    Klits die botter, lemoenskil en suiker sowat 2 minute saam tot die mengsel dik en romerig is.
3    Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel en maas sagkens in tot net gemeng.
4    Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 45 minute of tot goudkleurig en ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word. Haal uit die oond, prik gate oral oor die bokant en laat koel af.
5    Lemoenstroop Laat prut die bestanddele in ’n klein kastrol tot die heuning opgelos het. Laat effens afkoel en giet dan oor die koek. Sit voor.

Naanbrood

Naanbrood

Bestanddele

2½ koppies meel
½ pakkie gis
5 ml sout
125 ml warm melk
125 ml karringmelk
½ geklitste eier
20 ml botter, gesmelt
10 ml suiker
nog botter om mee te borsel

Metode

Meng die sout, gis en 5 ml meel in 'n mengbak.
Roer die melk, karringmelk, eier, botter en suiker by.
Klits tot glad.
Meng die res van die meel by tot jy deeg het en knie dit dan vir 5 minute.
Plaas die deeg in 'n geoliede bak, bedek en laat rys vir 45 minute.
Slaan die deeg plat en maak 8 balletjies.
Rol elke bal 1 cm dik uit in sirkels.
Borsel die sirkels met botter.
Bak teen 260ºC vir 8 minute.

Gesondheidsbeskuit

Gesondheidsbeskuit

Meng die volgende saam:

5 x koppies meel
5 x koppies Nutty Wheat koringmeel
4 x weatbix blokkies
10ml sout
2 x koppies klapper
2 x koppies suiker
50 ml bakpoeier
 

Smelt 500g margarine en voeg dan die volgende by

10ml asyn
10ml koeksoda
500 ml karingmelk
2 x eiers geklits
 
Voeg bottermengsel by meelmengsel en meng goed,

Sit in gesmeerde panne en bak vir 40 min by 180 grade

Smelt in die mond Biefstuk

Smelt in die mond Biefstuk

Rol 1 k biefstuk stukke in koekmeel, gegeur met sout en peper. Braai biefstuk weerskante in vlak olie in swaar-boom pan alkant tot bruin.  Plaas in oondskottel met deksel. Verhit oond 160 gr C.  Meng vlg bestandele in kastrol: 500 ml water, 3 t koekmeel, 15 ml aromat, 45 ml tamatiesous. 20 ml worcestersous en 15 ml asyn.  Verhit en kook vir 5 minute. Gooi sous oor biefstukke en sit deksel op. Bak vir 2 ure.

Deel dit!